Boerevolk wil onafhanklik wees
Boerevolk se stryd vir onafhanklikheid in Suid-Afrika
Volksgenote u word vandag opgeroep om daadwerklik betrokke te raak by die onafhanklikheids stryd van die Boerevolk in Suid-Afrika.
Soos u seker weet word die Boerevolk op ‘n daaglikse basis wreedaardig uitgemoor, ons taal, Godsdiens, identiteit, kultuur en volks wees word onderdruk.
Die Boerevolk is reeds in die vroeë 70’s bloodgestel aan die uitverkoop plan van die geldmag en ons eie leiers het ons op die manier uitgelewer aan die vyand. Die finale nekslag is toegedien toe die Boerevolk sy pragtige Godgegewe land in 1994 moes afstaan aan ‘n kommunistiese regering wat openlik erken dat hulle nie plek het vir God in hulle planne nie.
Volksgenote ons kan dit nie toelaat nie en die tyd is nou ryp dat die Boerevolk weer begin saamstaan as een eenheid sodat ons weer die eer aan God kan terug gee wat Hom toekom. Die God van Bloedrivier is die God wat vandag nie meer welkom is in Suid-Afrika nie – kom laat ons dit regstel.
U word dus een en elkeen versoek om betrokke te raak by ‘n propaganda veldtog om die Boerevolk weer saam te snoer in die gedugte eenheid wat dit veronderstel is om te wees. Die vyand weet dat as die Boerevolk vereenig hulle geen kans staan nie en daarom saai hulle verdeeltheid onder die volk. Hulle laat die volk verantwoordelik voel vir wat in die verlede gebeur het – ons hoef geensins skuldig te voel oor wat in die verlede gebeur het nie want ons voorvaders het alles gedoen volgens die wil van God.
U word net daaraan herinder dat die propaganda veldtog slegs binne die wet gedoen moet word en dat daar op geen stadium enige gewapende aksies gepropageer word nie. As ons binne die raamwerk van die wet bly dan is ons geregtig op so ‘n veldtog.
Ons is ook besig om die Boerevolk deur middle van die kubberruimte nader aan mekaar te bring en u word ook versoek om gratis aan te sluit by www.Boerevryheid.co.za en so ook u bydra te lewer tot die onafhanklikheidsstryd van die Boerevolk.
Ons het lank genoeg gesit en wag dat iets moet gebeur – raak vandag betrokke en laat dinge gebeur deur ons optrede en saamstaan as een volk. Ons kon dit in die verlede doen, ons kan dit weer doen.
U is welkom om op u eie die veldtog in u area van stapel te stuur of u kan met my kontak sodat ek u in aanraking kan bring met mense in u area. Ek kan u verseker dat die Boerevolk besig is om op te staan uit die ashoop en tot die besef gekom het dat genoeg nou genoeg is. Ons wil ‘n vry en onafhanklike volk wees – ons het die reg daar toe – kom ons staan op vir dit waarop ons ‘n reg het.
Die Boerevolk hou op 9 Des 2006 verkiesing - raak betrokke en gaan lees al die info op : http://www.boerevryheid.co.za
Die vierkleur sal weer wapper voor 2010
Free Webpages
Boerevolk hou verkiesing
Boerevryheid
Send E-Mail to: williebotes@ballmail.co.za
This page created using the webpage creation facilities of Webspawner.
Copyright © 2006 . All Rights Reserved