BOEREVOLK HOU VERKIESING
I. GESKIEDENIS:
1. Die Boerevolk het vanaf sy vormingsjare ‘n onvernietigbare patriotisme openbaar.
2. Dit het reeds manifesteer in 14 Republieke wat deur die Boere tot stand gebring is.
3. Sedert 1902 het die Boerevolk as VOLK nooit weer verteenwoordiging gehad nie.
4. Vanaf 1910 is die Boerevolk binne ‘n groter groep soos: die Afrikaner, later die Blanke Suid Afrikaner en tans net as Suid-Afrikaner gemarginaliseer.
II. VANDAG
1. Daar vind fyn beplande sosiale sielkundige indoktrinasie plaas met die doel om die patriotisme en selfrespek van die Boerevolk, en uiteindelik die Boerevolk as VOLK te vernietig.
2. Tensy daar drastiese morele selfbemagtiging, herstel van selfrespek, volkstrots en volkswil tot stand kom nie, gaan die Boerevolk as VOLK ophou bestaan.
3. Om as VOLK aanspraak te maak, uitdrukking te gee en enigsins invloed te hê, is ‘n Verteenwoordigende Liggaam wat namens die Boerevolk optree, ‘n voorvereiste.
III. WIE IS DIE BOEREVOLK?
1. Om deel van die Boerevolk te wees maak jy ‘n KEUSE nadat jy tot ‘n “innerlike oortuiging” gekom het.
2. Siener van Rensburg het dit so gestel (aan Adaan, seun van genl. De La Rey): “Vir die opregtes in die Boerelaer, sal dit wees soos ‘n tweede Bloedrivier....” Op ‘n vraag presies waar hierdie Boerelaer sal saamtrek, was sy antwoord dat dit nie moontlik sal wees om soos daar in 1838 weer laer te trek nie. Hy het toe met sy voorvinger op sy hart getik en gesê: “Elkeen wat hiér reg is, is reeds in die laer.”
3. Nadat iemand die KEUSE gemaak het om “ in die Laer te wees,” ontstaan die behoefte om sigbaar uiting daaraan te gee.
4. Daar moet dus ‘n meganisme geskep word om die Boerelaer sigbaar tot stand te bring.
IV. BEPLANNING: om ‘n BOERELAER te stig.
1. Die Boerevolk Vryheidstigting (BVS) het in 2005 uit die Volk tot stand gekom.
1.1. Die VISIE (Doelwit en Strewe) van die BVS is om die nodige finansiële steun te bekom en aan te wend in die proses om onafhanklikheid vir die Boerevolk te verkry.
1.2. Die MISSIE (Sending en Roeping) van die BVS is om die waardigheid, lewenskwaliteit, bestaansekerheid, volks-trots, en reg tot onafhanklikheid van die Boerevolk uit te bou en strukture (instellings) daar te stel om hierdie doelwitte te verwesenlik.
2. Die BVS het die “Vroue van die Boerevolk optog” geïnisieer waartydens die Majuba Deklarasie aan die Regering van die dag oorhandig is.
3. Die Majuba Deklarasie (MD) verwoord die Eis tot Onafhanklikheid namens die Boerevolk.
4. Ontvangs van die MD is AMPTELIK en skriftelik deur die President erken en het dit verwys na die Speaker van die Parlement vir verdere aksies wat tans opgevolg word.
5. Die BVS het op 3 April 2006 ‘n Seminaar oor die identiteit en naam van die Volk gereël.
6. Die BVS het ‘n Bosberaad (BB) na die Seminaar gehou waartydens besluit is dat daar voortaan slegs NAMENS DIE BOEREVOLK gehandel of gepraat sal word.
7. Tydens die BB is besluit dat daar ‘n verkiesing of aanwysing van ‘n Verteenwoordigende Liggaam vanuit die Boerevolk op die 9de Desember 2006 sal plaasvind.
8. Daar is ‘n Boerevolk Verkiesings-kommissie (BVK) aangewys en getaak om die nodige beplanning te doen en verslag aan die BVS te lewer.
V. VERSLAG VAN DIE BVK
1. Die reg tot selfbeskikking is ‘n Internasionale en Volkeregtelik erkende reg en word ook vergestalt in die Grondwet van Suid-Afrika van 1996 art. 235. Die Konstitusionele Hof verklaar ook: “Proponents of a Volkstaat are free to campaign for political and constitutional changes which would result in the forms of self-determination which they consider appropriate being brought about and institutionalized.”
2. Die uitgangspunt moet wees: Daar is geen ander outoriteit as God nie. Vgl. Jesaja 33:22: “Want die Here (Jahweh) is ons regter,
die Here (Jahweh) is ons Aanvoerder, die Here (Jahweh) is ons Koning: Hy sal ons verlos.”
3. Daar moet ‘n struktuur tot stand kom wat die wette van God (Jahweh) bestudeer, en in die moderne konteks toepas en implimenteer.
4. Vergelykbaar met die situasie van Abraham, Isak en Jakob(Israel), word in die gebed van Jan Van Riebeeck, die verskillende manifeste van die Voortrekkers, sowel as in die Gelofte by Bloedrivier die volgende interaksie na vore gebring: “Ek sal vir julle ‘n God wees en julle sal vir my ‘n VOLK wees.”
5. By Danskraal, op die 9de Desember 1838 onderneem die Boerevolk vir die eerste keer om: “ ʼn Huis tot zyns Grote Naams gedagtenis stichten…”
6. Hierdie “huis”, kan as letterlike huis (kerkgebou) gesien word maar ook dat die BOEREVOLK (vgl. “die huis van Israel”), as Huis van God gestig sal word. Ons wil hierdie gelofte aan ons kinders oordra sodat hulle steeds aan hierdie Huis van God sal bly bou.
7. Die beginsels vir die samestelling en regeringstruktuur vind ons in Eksodus 18:21: “Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel die aan oor hulle: owerste oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig, en owerstes oor tien.”
VI. OPRIGTING VAN DIE BOERELAER
1. Die kerneenheid van die LAER is ‘n WA.
2. Sodra 10 VOLKSGENOTE wat as EENHEID kan funksioneer geregistreer is, kies hulle ‘n OWERSTE OOR 10 en noem hom die WA-LEIER.
3. 5 Waens vorm ‘n FAMILIEGROEP, die 5 Wa-leiers kies onder hulleself ‘n FAMILIEHOOF. (owerste oor 50)
4. 2 Familiegroepe (10 Waens) trek ‘n BOERELAER. Die 10 WA-leiers kies dan ‘n LAERKOMMANDANT (owerste oor 100)
5. 10 Boerelaers wat demografies verbind is, vorm ‘n HOOFLAER. Uit elke 10 Boerelaers se Laer-kommandante, word op die 9de Desember, een HOOFKOMMANDANT (Owerste oor 1000) aangewys en ingelyf.
6. Die Hoofkommandante vorm die Owerstes van die Boerevolk en sal as Raadgewende- en verteenwoordigende Vergadering van Volk ter verkryging van ons ONAFHANKLIKHEID optree.
DIE VIERKLEUR SAL WAPPER VOOR 2010
Die BOEREVOLK
GELOFTEVOLK
GEROEPE VOLK
OP PAD NA
ONAFHANKLIKHEID
VOOR 2010
Free Webpages
Boerevryheid
Selfbeskikking
Send E-Mail to: lets@boerevryheid.co.za
This page created using the webpage creation facilities of Webspawner.
Copyright © 2006 . All Rights Reserved